Wie is RPO Wes-Kaap?
Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) is ’n diensorganisasie wat as spreekbuis vir Suid-Afrikaanse kommersiële rooivleisprodusente optree.
Word ‘n Besigheidsvennoot van die RPO Wes-Kaap
Hiermee nooi ons u besigheid, as ’n belangrike rolspeler in die rooivleiswaardeketting, uit om as vennoot by die Rooivleisprodusente-organisasie Wes-Kaap (RPO Wes-Kaap) aan te sluit. Die RPO Wes-Kaap speel ’n sleutelrol in die bevordering, beskerming en volhoubare ontwikkeling van die rooivleisbedryf in die provinsie. Ons glo dat u organisasie ’n waardevolle bydrae tot hierdie doelwitte kan lewer, en dat ’n vennootskap wedersydse voordele sal inhou.
RPO Wes-Kaap Besigheidsvennote



Status van die Organisasie
Die RPOWK word erken as die spreekbuis vir die rooivleisbedryf- en produsent en verteenwoordig die hoogste gesag binne sy industrie. Die oorkoepelende doelstelling van die RPOWK is om ‘n verteenwoordigende provinsiale organisasie in die rooivleisbedryf in die AWK se gebied te vorm, wat die inisiatief sal neem om op ‘n gekoördineerde wyse, op grond van eie ondersoeke en studies, vertoë en voorleggings deur belanghebbendes, deur middel van skakeling en bedinging, vir die produsente binne die rooivleisbedryf ten opsigte van suiwer vleisbedryfsake optimum winsgewendheid na te streef en in sy lede se belang op te tree.
RPO Wes-Kaap Vrywillige bydrae Insamelaars







RPO Wes-Kaap
Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) is ’n diensorganisasie wat as spreekbuis vir Suid-Afrikaanse kommersiële rooivleisprodusente optree. Dit is ’n onafhanklike produsente-organisasie wat daarna streef om die volhoubaarheid en winsgewendheid van die rooivleisbedryf in Suid-Afrika op ’n dinamiese wyse te bevorder.
Ons missie, naamlik die bevordering van ’n volhoubare en winsgewende rooivleisbedryf in Suid-Afrika, word verwesenlik deur onderhandeling en skakeling met die regering en ander organisasies ten einde die belange van rooivleisprodusente op plaaslike, provinsiale en nasionale vlak te bevorder en te beskerm.