Welkom by

RPO WES-KAAP

Rooivleis Produsente Organisasie Wes-Kaap

STATUS VAN DIE ORGANISASIE

Die RPOWK word erken as die  spreekbuis vir die rooivleisbedryf- en produsent en verteenwoordig die hoogste gesag binne sy industrie.

Die oorkoepelende doelstelling van die RPOWK is om ‘n verteenwoordigende provinsiale organisasie in die rooivleisbedryf in die AWK se gebied te vorm, wat die inisiatief sal neem om op ‘n gekoördineerde wyse, op grond van eie ondersoeke en studies, vertoë en voorleggings deur belanghebbendes, deur middel van skakeling en bedinging, vir die produsente binne die rooivleisbedryf ten opsigte van suiwer vleisbedryfsake optimum winsgewendheid na te streef en in sy lede se belang op te tree.

Provinsiale Vrywillige Insamelaars

Vleispryse

Nuusbriewe

Word ‘n lid

Meer oor ons

RPO Wes-Kaap

Die RPO poog om die belange van die kommersiële rooivleisprodusente binne die waardeketting van die rooivleisbedryf te beskerm en te bevorder en tree as sulks as die produsent se mondstuk in die totale rooivleisbedryf op. As kollektiewe bedingingsorganisasie is dit die RPO se taak om die ekonomiese welvaart van sy lede te verbeter.

Buiten tariefbeskerming en onderhandelings ten opsigte van wetlike raamwerke, fokus die RPO ook op internasionale ooreenkomste, voorligting en dieregesondheid asook uitvoerbevordering.

Dit is die RPO se taak om produsente-belange en sake by owerheids- en nie-owerheidsinstansies te stel. So ook die vestiging en bevordering van ‘n positiewe beeld van die produk en die bedryf.

Verder is die RPO intensief betrokke by predasiebestuur, veediefstalbekamping en –voorkoming, die bedinging en verlaging van inset- en bemarkingskoste, inligting oor produksiestelsels en markinligting.

Die organisasie verteenwoordig rooivleisprodusente se belange in die Vleisbedryfsforum, wat alle instansies wat betrokke is by die waardeketting van die rooivleisbedryf verteenwoordig.

Die RPO vorm saam met die Nasionale Opkomende Rooivleisprodusente-organisasie (NERPO), die Federasie van Rooivleisprodusente van Suid-Afrika. Die Federasie hanteer die kollektiewe belange van primêre kommersiële en opkomende rooivleisprodusente.

Hierdie krities belangrike funksies vir die oorlewing en welvaart van primêre rooivleisprodusente en die rooivleisbedryf in geheel, word befonds uit twee afsonderlike bronne van finansiering; die statutêre heffing en ‘n vrywillige produsenteheffing.

Wat die statutêre heffing betref, is die  RPO saam met ander rolspelers verantwoordelik vir die funksies van verbruikersopvoeding, produksie-ontwikkeling en bedryfskakeling.

0
Verteenwoordigende streke
7000
Skaap/bees geslag per jaar
0
RPO Wes-Kaap Lede
25
Jaar ondervinding

RPO Wes-Kaap Bestuur

Nico Uys

Voorsitter

Hano Dreyer

Bestuurslid

Francois Conradie

Bestuurslid

Jaco vd Berg

Vise-Voorsitter

André Groenewald

Bestuurslid

Wessel Fourie

Bestuurslid

Dian Heyns

Bestuurslid

Louis Wessels

Bestuurslid

John Durr

Bestuurslid

Theunis van Eeden

Bestuurslid